ONDER DIE SKADU VAN DIE KRUIS-KURSUS
R150.00GELOOFSGEWOONTES VIR LYDENSTYD
(‘n Kursus oor Jesus se kruiswoorde)
Deur al die eeue is daar in die Kerk tydens Lydenstyd op drie spesifieke geloofsgewoontes gefokus. Kom leer meer hieroor en hoe jy dit vandag prakties kan toepas. Hierdie gewoontes pas perfek in by Jesus se laaste woorde aan die kruis.
Tydens die 6 Sondae van Lydenstyd stel ons elke Sondagoggend ‘n webinaar – ‘n video met studie-materiaal – vry. Elk van die ses webinaars sluit ‘n meditatiewe nadenke oor die kruiswoorde van Jesus in, asook ‘n verduideliking van die geloofsgewoontes met ekstra leeswerk wat in die daaropvolgende week ingeoefen kan word.
Hierdie inligting is selfoon-, tablet- en rekenaarvriendelik. As jy sou verkies kan jy die studiemateriaal in PDF-formaat aflaai. Jy kan die video en addisionele leesmateriaal op jou eie tyd lees en bestudeer, en weer later herlees soos jy verkies.
Addisioneel tot die kursus is ‘n kort video en leestuk wat jou meer agtergrond gee oor die 40-dae Lydenstyd (ook bekend as “Lent”).
Daar is ook ‘n virtuele nagmaalsdiens wat op Aswoensdag gebeeldstroom word. Jy kan dit op ons Youtube-kanaal of op ons Facebookblad volg. Jy kan die nagmaalsdiens weer-en-weer saam met vriende en familie kyk.
Die laaste dag van Lydenstyd word “Donkersaterdag” genoem. ‘n Meditasie-diens berei jou voor om Opstandingsdag in te wag.
Alhoewel hierdie kursus voorberei is met die oog op Lydenstyd (wat op Aswoensdag) begin, is dit nie beperk slegs tot Lydenstyd nie. Jy kan dit enige tyd volg.