LEEFGEÏNSPIREERD-KURSUS
R100.00‘n Kursus is vir mense wat met nuwe energie en inspirasie wil leef.
Ons wil jou uitnooi om te registreer vir ons aanlyn-kursus LEEF GEÏNSPIREERD.
Die kursus is vir mense wat met nuwe energie en inspirasie wil leef, en met “zest” nuwe rigting wil vind. Dalk na ‘n siekbed, dalk na ‘n egskeiding of dalk in die tydperk van gereelde afsondering.
Jy ontvang drie inspirerende video’s om jou te begelei, plus leesmateriaal wat jy op jou eie tyd kan deurwerk. Al wat jy nodig het, is ‘n potlood en ‘n joernaal (‘n lekker notaboek).
Die kursus is die perfekte verjaarsdaggeskenk wat jy reg deur die jaar aan iemand kan bied. Jy kan dit bespreek en ons kan dit op ‘n spesifieke dag aan die ontvanger stuur.
Hierdie kursus kos slegs R100. Indien jy voor 10 Mei registreer kan jy 10% afslag op die kursus ontvang. Gebruik die afslagkode HOOP.
Die kursus kos R100 en jy kan onder klik en op PayFast registreer en sodra jou betaling gedoen is sal jy ‘n e-pos ontvang met ‘n skakel na die volle kursus.
Payfast-betalings kan maklik en veilig via krediet-, tjek- en debietkaarte, EFT’s, Zapper, MasterPass en SCode gemaak word.
ONDER DIE SKADU VAN DIE KRUIS-KURSUS
R150.00GELOOFSGEWOONTES VIR LYDENSTYD
(‘n Kursus oor Jesus se kruiswoorde)
Deur al die eeue is daar in die Kerk tydens Lydenstyd op drie spesifieke geloofsgewoontes gefokus. Kom leer meer hieroor en hoe jy dit vandag prakties kan toepas. Hierdie gewoontes pas perfek in by Jesus se laaste woorde aan die kruis.
Tydens die 6 Sondae van Lydenstyd stel ons elke Sondagoggend ‘n webinaar – ‘n video met studie-materiaal – vry. Elk van die ses webinaars sluit ‘n meditatiewe nadenke oor die kruiswoorde van Jesus in, asook ‘n verduideliking van die geloofsgewoontes met ekstra leeswerk wat in die daaropvolgende week ingeoefen kan word.
Hierdie inligting is selfoon-, tablet- en rekenaarvriendelik. As jy sou verkies kan jy die studiemateriaal in PDF-formaat aflaai. Jy kan die video en addisionele leesmateriaal op jou eie tyd lees en bestudeer, en weer later herlees soos jy verkies.
Addisioneel tot die kursus is ‘n kort video en leestuk wat jou meer agtergrond gee oor die 40-dae Lydenstyd (ook bekend as “Lent”).
Daar is ook ‘n virtuele nagmaalsdiens wat op Aswoensdag gebeeldstroom word. Jy kan dit op ons Youtube-kanaal of op ons Facebookblad volg. Jy kan die nagmaalsdiens weer-en-weer saam met vriende en familie kyk.
Die laaste dag van Lydenstyd word “Donkersaterdag” genoem. ‘n Meditasie-diens berei jou voor om Opstandingsdag in te wag.
Alhoewel hierdie kursus voorberei is met die oog op Lydenstyd (wat op Aswoensdag) begin, is dit nie beperk slegs tot Lydenstyd nie. Jy kan dit enige tyd volg.