DANKBAARHEID DESONDANKS – 31 Gedagtes met daaglikse dankbaarheidsoefeninge (Gedrukte formaat)
R120.00
DANKBAARHEID DESONDANKS
31 Gedagtes met daaglikse dankbaarheidsoefeninge
(Gedrukte A5 boek, 86 bladsye)
Jy betaal R90 aflewerfooi om die boek na enige afleweradres in Suid-Afrika te versend ongeag hoeveel eksemplare jy koop. Indien jy die boek kan afhaal by ’n punt in Mosselbaai, George, Hartenbos of Grootbrakrivier is daar geen aflewerkoste nie.
Verwondering en dankbaarheid is karperde. Die Een wat die tuig vashou, is die Drie-Enige God: die Gewer, die Geskenk en die Dankbaarheid.
Die Gewer gee aan ons die geskenk van lewe – nie net van ons eie nie; maar van ’n lewendige kosmos. Die wyse waarop ek en jy ons lewe leef, het die vermoë om ’n kragtige getuienis te wees in ’n gebroke wêreld. Dankbaarheid is soos ’n magneet wat ander uitnooi om saam met ons raak te sien en saam dankbaar te wees.
Ek nooi jou uit na ’n maandlange reis op pad na dankbaarheid sodat jy weer in verwondering raak oor die lewe. Immers “maak jy ‘n lewe deur wat jy ontvang; jy leef deur wat jy gee”, toegedig aan Winston Churchill.
Dankbaarheid is die goue sleutel tot ’n gelukkige lewe. Dankbaarheid is ’n lewensingesteldheid: ons kan die vaardigheid inoefen om van ons dankbare mense te maak.
Dit is maklik om “as gevolg van…” dankbaar te wees; dit is ’n kuns om “desondanks…” steeds te wees.
Nee, ons kan nie – en behoort nie! – dankbaar te wees vir alles wat ’n gegewe oomblik met ons gebeur nie (bv. ‘n tragedie/oorlog, ens.), maar ons kan wel midde élke oomblik dankbaar wees (ten spyte van die tragedie). Die kuns is om bewus te raak van die keuses wat jy het om dankbaarheid te kies as jou “default”/vertrekpunt.
By elke dag se meditasie is daar bewusmaking wat jou uitnooi om na te dink oor wat daagliks in en om jou gebeur en hoe jy daarop reageer. Gebruik dit as jy tot rus kom. Dink na oor die gebeure van jou dag. Probeer om elke dag minstens drie dinge neer te skryf waaroor jy dankbaar is/kan wees. Probeer vanaf die “algemene” na die “besondere” te beweeg. Maak dit ook ’n lewensgewoonte om tydens een ete van die dag oor dankbaarheid te gesels/na te dink. Laat almal om die tafel een ding noem waaroor hulle dankbaar is.
Nadat jy oor die “dankbaarheidsonderwerp” nagedink het, neem tyd om – by name – daarvoor te bid.
Stel dalk jou horlosie om jou twee keer deur die loop van die dag te herinner aan jou keuse om dankbaarheid in te oefen. Vra jouself op daardie oomblikke af: Wat hoor jy? Wat sien jy? Wat voel jy? Wat proe jy? Hoe kan jy dit gebruik om te kies om dankbaarheid in te oefen?
Mag dankbaarheid ’n geloofsgewoonte word wat jy daagliks inoefen, totdat jy deur dankbaarheid (soos Meister Eckhardt geskryf het) “verteer word”. Al is jy (ook) nog nie daar nie. Dan algaande, wordend.
Klik op “Add To Cart”. Klik dan op “Checkout” om veilige via Payfast jou transakie met jou kredietkaart, EFT, of ander elektronies betalingsmetodes te doen.