Klein Teater Digbundel
R150.00‘n Beperkte aantal gedrukte bundels word gratis aangebied. Solank voorraad beskikbaar is kan jy ‘n gratis gedrukte bundel bestel en net die koerierkoste van R90 betaal. Die bundel word by jou voordeur afgelewer.
Nuwe Cordis Trust Publikasies-bundel bring toekomsperspektief met gewaarwordinge wat soos eenpersoon-optredes in ’n klein teater ervaar is
Die bundel word deur Cordis Trust geoormerk vir bepeinsing en kleingroep-besprekings en word daarom gratis aangebied in boekvorm en as e-boek.
‘n Beperkte aantal eksemplare word gratis op LeefHoop-Winkel aangebied. Jy betaal slegs jou koerierkoste van R90Cordis Trust Publikasies het pas ’n nuwe digbundel, “Klein Teater”, deur Fanie Marais gepubliseer. Hy noem die inhoud van die bundel “eenpersoon-optredes verwoord tydens ’n enger leeftyd”.
Die bundel het 176 kort gedigte wat Fanie as intense waarnemings oor die afglope twee jaar geskryf het. “Die woord ‘breekmoment’ (ook ’n gedig in die bundel) kom voor. Daardie oomblik wat jy besef jy sien of ervaar iets waarvan kennis geneem moet word,” vertel Fanie.
Hy skryf in die bundel se voorwoord die lewe het enger geword. “My hoërskool-droomwêreld van onbeperkte horisonne van geleerdheid, reis, loopbaan- en gesinsvooruitsigte en besittings, is ruim verwesenlik. Teen die einde van 2019 het die dood van ’n eggenote van meer as 53 jaar die gevoel van afsluiting gebring. Die Teater van die Lewe waarin my bestaan afgespeel het, het in omvang en intensiteit afgeneem.”
“Dit is verder verskraal met die Gelykmaker, Covid-19. My daaglikse ervaringe het begin afspeel soos eenpersoon-optredes in ’n klein teater. Die gewaarwordinge wat ek aangeteken het om my bestaan beter te verstaan, in ’n toekomsperspektief.”
Fanie skryf die bundel word opgedra aan “elkeen wat ’n klein daaglikse oorwinning oor omstandighede en die self voor ’n spieël beleef, asof dit ’n eerste plek op ’n podium is, en omdraai met hoop in die hart vir die dag se taak, al is dit net om die gordyn oop te trek om lig in te laat.”
Die bundel word deur Cordis Trust geoormerk vir bepeinsing en kleingroep-besprekings en word daarom gratis versprei in boekvorm en as e-boek. Gebruik afslagkode COR22 vir gratis-opsie.
Vir meer inligting e-pos cordistrust@discoverymail.co.za of besoek www.kleinteater.co.za.
Myra Lochner het die elektroset en proeflees van die bundel gedoen en Herman Lochner die ontwerp van die omslag. Die voorblad skets is deur Nataliia Dubchak van Kief in die Oekraine.